... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Gehoor van net Een

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.

Listen to the radio broadcast of

‘n Gehoor van net Een


Download audio file

Dis ‘n bietjie meer as dertig jaar sedert my dierbare pa oorlede is. En ek dink steeds aan hom. Ek wens steeds ek kon vandag met hom gesels. Hy was immers my pa. Maar ek wonder hoeveel ander mense in hierdie wêreld hom nog onthou.

Ek glo nie veel onthou hom nie. Ek dink nou aan die mans en dames wat saam met hom by die staalwerke gewerk het; of die koor wat hy gelei en gedirigeer het. Ja, natuurlik is baie van daardie mense ook oorlede, maar as ek nou ‘n raaiskoot sou waag, is daar, behalwe my ma en ek, niemand anders op planeet aarde wat ooit eers aan hom dink nie; al was hy ‘n baie goeie mens. Hoekom vertel ek julle dit?

Johannes Chrysostom wat ongeveer 387 nC geleef het, het dit so gestel: “As jy net geweet het hoe vinnig mense na jou dood van jou sou vergeet, sou jy nie in jou lewe probeer het om enigiemand behalwe God te behaag nie.”

Natuurlik moet ons goed doen aan ander mense. Maar dit gaan ‘n vlietende beloning wees indien ons dit doen vir hul erkenning en hulle applous. Die apostel Paulus het dit so gestel:

Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.

Met ander woorde, in alles wat Paulus op hierdie aarde gedoen het, selfs in al die goeie dade wat hy vir ander gedoen het – en ek en jy trek steeds voordeel daaruit – het hy in werklikheid voor ‘n gehoor van Een gespeel. Hy het dit vir God en alleenlik vir God gedoen.

Om mense tevrede te stel, lewer wisselvallige resultate. Eendag klap hulle hande. Die volgende skree hulle, “kruisig hom,” nie waar nie? Moenie dat mense jou gedrag bepaal nie, doen buitendien goed. Maar doen dit vir God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.