... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gevoelens of Waardes?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 11:3 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang

Listen to the radio broadcast of

Gevoelens of Waardes?


Download audio file

Ons emosies is ‘n groot deel – nee, ‘n massiewe deel – van wie ons is. Jy kan nie en mag nie jou emosies ignoreer nie. Maar onthou net dat hulle jou maklik op ‘n dwaalspoor kan lei.

Die nasies van hierdie wêreld val in een van twee kategorieë; die wie se regstelsels gebaseer is op die Joods-Christelike etiek en dié, wat nie is nie. En in daardie eerste kategorie is daar twee sub-kategorieë; dié wat naastenby by daardie waardes gehou het (ongelukkig is daar nie baie van hulle oor nie) en dié wat nie het nie.

Hoe verder ons wegdryf van die weë van God – die een ware God, die Een wat ons so lief het dat Hy Jesus gestuur het om aan ‘n kruis te sterf om ons te red – hoe meer beweeg ons weg van stelsels wat op waardes gebaseer is, na stelsels wat op gevoelens gebaseer is.

Ja, soos ek gesê het, is jou gevoelens; jou emosies, belangrik en hulle moet nie geïgnoreer word nie. Maar wanneer gevoelens waardes troef, betree ons as ‘n samelewing en ook as individue, ‘n gevaarlike terrein.

Spreuke 11:3 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

Waardes soos integriteit, ordentlikheid, eer, vriendelikheid en die waarde van ‘n lewe lê veel dieper as blote gevoelens. Hulle hou ons op die regte pad, selfs wanneer ons emosies verbete veg om ons op die verkeerde pad te lei.

Gevoelens kom en gaan. Soms is hulle besonder nuttig, maar alte dikwels vang hulle ons in hulle strikke, wanneer ons ingebore sondigheid ons lewens beheer. Ons het almal al beleef hoe die gevoelens van ‘n opstandige, immorele faksie die samelewing ontwrig. 

Moenie die waardes wat God bepaal het, laat vaar net omdat jy so voel nie. Laat die Lewende Woord van God jou gids wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.