... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Sal Enigiets Doen Om Sy Doel te Bereik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hosea 2:13-15 “Daarom sal Ek haar naderlok en weer terugwen. Ek sal haar na die woestyn toe lei en daar teer dinge vir haar sê. Ek sal daar haar wingerde aan haar teruggee. Dan sal die Akorvlakte verander in ’n deur van hoop. Daar sal sy weer Myne word soos lank gelede toe sy nog jonk was en Ek haar uit slawerny in Egipte bevry het. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy My noem ‘my man’ en nie meer ‘my meester’ nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

God Sal Enigiets Doen Om Sy Doel te Bereik


Download audio file

Het jy al ooit ervaar dat jy so verstrengel in die gevolge van jou sonde is, dat jy gewonder het hoe jy daaruit gaan kom? Hoe jy die pad terug na herstel en uiteindelik die pad terug na God sal vind?

Ja-nee, dis nie ‘n lekker plek om in te wees nie, maar ons was sekerlik almal al daar. Ons het die gevolge van ons foute, groot en klein, ervaar. Ons het die roede van God se dissipline ervaar – want soos enige goeie vader, sal Hy diegene wat Hy liefhet, dissiplineer. En net daar wonder ons of daar ooit  uitkoms kan wees.

Daar was ‘n tyd in Israel se geskiedenis – een van baie – toe hulle aan God ontrou was. In Hosea, in die Ou Testament, vergelyk God sy volk met ‘n prostituut, wat heeltemal verlore is. ‘n Mens wonder hoe God hulle ooit uit daardie haglike situasie kon verlos, maar ons lees in:

Hosea 2:13-15 “Daarom sal Ek haar naderlok en weer terugwen. Ek sal haar na die woestyn toe lei en daar teer dinge vir haar sê. Ek sal daar haar wingerde aan haar teruggee. Dan sal die Akorvlakte verander in ’n deur van hoop. Daar sal sy weer Myne word soos lank gelede toe sy nog jonk was en Ek haar uit slawerny in Egipte bevry het. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy My noem ‘my man’ en nie meer ‘my meester’ nie. (NLV)

Kyk na die verstommende beelde hier! Wat sal God met Israel, die prostituut, doen? Hy sal haar met romantiese en teer woorde benader. Hy sal vir haar wingerde gee. Hy sal vir haar nuwe hoop gee.

Kom ons verstaan mooi: Daar is niks wat vir God te veel moeite is om jou na Hom toe terug te bring nie. Hy is die weg. Hy is jou deur van hoop na ‘n nuwe toekoms.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.