... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Bang Wees Nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 41:9,10 jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Bang Wees Nie!


Download audio file

Glo jy in Jesus? Indien wel, dan is jou geloof in Hom veronderstel om jou oorwinning te gee. Oorwinning oor jou sonde en oorwinning oor jou omstandighede. Die kombinasie van die twee kan dikwels problematies en intimiderend wees.

Jy weet baie goed wanneer jy deur jou rebellie teen God jouself in ‘n doodloopstraat bevind, en dan kom die onweerswolke ingerol; die weerlig; die donderweer … dit is ‘n skrikwekkende plek om te wees. Des te meer omdat dit ten minste gedeeltelik jou eie skuld is.

Maar dit is die lewe, die lewe van ‘n onvolmaakte mens soos ek of jy. En as ons gaan praat oor jou geloofsgroei – dit is wat ons hierdie week op VARS doen – moet ons vir ‘n oomblik saam in die donker, skrikwekkende doodloopstraat tot stilstand kom … en toelaat dat God sy Lig op daardie plek laat skyn. 

Jesaja 41: 9,10 Maar jy, my dienaar, Israel,… jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

My gebed is dat jy vandag hierdie Lewende Woord van Hom in jou hart sal ontvang, en sonder ‘n sweempie twyfel, sal weet dat God jou sal red daar waar jy in jou doodloopstraat sit op moedverloor se vlakte.

Weet jy, dat dit juis op daardie plek van wanhoop is, waar God se genade en barmhartigheid in oormaat vir jou beskikbaar is. Moet nooit moed verloor nie. Moet nooit die oorvloedige liefde van Christus onderskat nie. Want daar in jou desperate doodloopstraat is die beste plek om sy liefde eerstehands te ervaar.

God wil jou geloof in Hom versterk, daar waar jy vassit in ‘n doodloopstraat en jy totaal van Hom afhanklik is.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.