... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie jou Vryheid Misbruik Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

Listen to the radio broadcast of

Moenie jou Vryheid Misbruik Nie


Download audio file

Kan jy dit glo, dit is alweer die vierde Julie. Dit maak nie saak waar op hierdie planeet jy woon nie, maar jy is seker bewus daarvan dat die VSA, die rykste land ter wêreld, vandag Onafhanklikheidsdag vier. 

Onafhanklikheid gaan oor vryheid. Ek wil nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar dit is ‘n historiese feit dat Amerika se welvaart op die rug van slawerny gebou is; die verskriklike onderdrukking van mense op grond van hul etnisiteit en velkleur.

Prys die Here dat dit nie meer die geval is nie. Maar het jy geweet dat die klein Wes-Afrikaanse land Liberië met ‘n bevolking van net minder as 5 miljoen, in die middel 1800’s gestig is deur geëmansipeerde slawe uit Amerika? Dit is die rede waarom sy vlag so baie soos die Amerikaanse vlag lyk, behalwe dat hulle net een ster in plaas van vyftig het.

Teen die laat 1900’s het militêre staatsgrepe en die wrede diktatuur van Charles Taylor tot ‘n burgeroorlog en verskriklike onderdrukking daar gelei. ‘n Mens sou dink dat geëmansipeerde slawe in vrede sal wil lewe, veral in ‘n land waar hulle naam – Liberië – vryheid verkondig, nè?

Maar nee. Ek wil jou nie ‘n kort geskiedenisles gee nie, die rede waarom ek Liberië as ‘n voorbeeld noem, is om vir jou te wys dat ons mense ‘n wonderlike vermoë het om ons vryheid te verkwis; om die oorwinning met soveel negatiewe gedrag uit te kanselleer. 

Galasiërs 5:13Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

Hierdie waarskuwing is nie slegs aan Amerikaners of Liberiërs nie, maar aan ons almal, want wanneer ons begin doen wat ons sondige natuur behaag, verkwis ons ons Godgegewe vryheid.

Dien mekaar met liefde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.