... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Dringende Waarskuwing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Dringende Waarskuwing


Download audio file

Weet jy wat my regtig bang maak? Dis mense wat hulself oortuig het, dat omdat hulle redelike goeie mense is, en hul lewens op “Christelike beginsels” baseer, hulle op die Oordeelsdag gered sal word. Dit maak my regtig bang!

Daar is net een antwoord. Jesus is die antwoord. Kyk wat sê:

Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV)

Dit is die hart van die Evangelieboodskap. Dit is die kern van Christenskap. Jy sal nie gered kan word van die komende oordeel en toorn van God deur ‘n goeie lewe te lei nie. Jy sal ook nie ‘n vrypas na die hemel kan kry, om die ewige pyniging van die hel te ontsnap, deur jou lewe volgens Christelike beginsels te leef nie.

Jy kan slegs gered word deur jou vertroue in Jesus te stel. Glo in Jesus wat aan die Kruis gesterf het om vir jou sondes te betaal en weer opgestaan het om vir jou ‘n nuwe lewe; ‘n verhouding met God te gee – ‘n verhouding wat oneindig beter sal word wanneer jy uit hierdie lewe na die volgende gaan. 

Te veel mense sit op die draad wanneer dit kom by vertroue in Jesus. En dit maak my regtig bang. Soos die bekende Amerikaanse country-sanger Johnny Cash dit gestel het: “Ek het geleer dat daar geen draad tussen die hemel en hel is om op te sit nie.”

My vriend, ek wil jou vandag baie ernstig waarsku. Jou lewe, jou ewigheid hang in die weegskaal. Goedheid en “Christelike beginsels” sal nie – luister na my, sal nie! – op die Oordeelsdag. vir jou red nie! Slegs ‘n diep geloof in wat Jesus vir jou gedoen het; ‘n geloof wat van ‘n lewe wat vir Christus geleef word, getuig, kan jou red. Om op die draad te sit, sal nooit nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.