... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorvloediglik Geseën

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:4,5 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Oorvloediglik Geseën


Download audio file

Wat is bo-aan jou gebedslys? Wat is die seëninge wat jy hoop om binnekort uit die hand van God te ontvang? Waarvoor vra jy Hom gereeld? 

Ons het almal iets waarna ons hunker… en partykeer is dit so seer en sensitief dat ons dit nooit met enigiemand behalwe God self kan deel nie. Ons gaan vandag oor jou onopgeloste saak gesels.

1 Korintiërs 1:4,5 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. (NLV)

Terwyl jy na daardie een ding smag, is dit so maklik om te vergeet dat jy, volgens God se Woord, reeds in elke opsig geseën is. En dit is die waarheid. A.W. Tozer stel dit so:

Soms gaan ek na God en sê vir Hom: ‘God, as U nooit weer terwyl ek op hierdie aarde lewe een van my gebede verhoor nie, sal ek U steeds solank ek lewe en in die eeue wat kom, eer vir die gebede wat U reeds verhoor het.’ Ek is al so ver in die skuld by God, dat as ek een miljoen millennia sou leef, ek Hom nooit sal kan betaal vir alles wat Hy vir my gedoen het nie.” Tozer gaan voort om te sê …

God is nooit haastig nie. Daar bestaan geen spertye vir Hom nie. As ons dit verstaan, het ons vrede in ons harte en ons senuwees bedaar … Miskien verg dit ‘n sterker geloof om God te loof vir seën wat ons nog nie ontvang het nie; as vir dié wat ons reeds ontvang het.

My vriend, jy is met genade oorlaai. Wees dus rustig terwyl jy wag vir die daardie één spesiale gebedsversoek se vervulling.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.