... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skuld en Vrees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Listen to the radio broadcast of

Skuld en Vrees


Download audio file

Skuldgevoelens oor die foute wat jy in die verlede gemaak het en angs oor wat die toekoms inhou, is twee kante van dieselfde muntstuk. En vir baie mense voer daardie twee vyande ‘n ewigdurende oorlog wat hulle lewe tot diep in hul siele vernietig.

As jy in Jesus glo, ja, ek praat nou met jou, as jy jou lewe werklik in sy hande gegee het, en as jy jou lewe werklik vir Hom leef, dan is daar een groot waarheid waaraan jy kan vashou: al jou sondes, en al jou foute uit die verlede is totaal en al vergewe. Die vraag is, het jy jouself vergewe?

En daar is nog ‘n ander groot waarheid waarvan jy seker kan wees. Elke oomblik van jou lewe is in sy hande; elke tree wat jy gee, gee Hy saam met jou. Jy is nooit alleen nie. Hy vergeet jou nooit nie. Die vraag is, leef jy jou lewe asof jy dit werklik glo?

Want luister na my, geen mate van skuldgevoelens kan die verlede verander nie en geen mate van angs kan die toekoms verander nie. Dis net deur Jesus dat jy heeltemal vergewe is. En wat ook al mag gebeur, kan jy, as Jesus in jou hart leef, veilig oor die toekoms voel.

En om dit alles vir jou ‘n werklikheid te maak, het Hy sy Heilige Gees vir jou nagelaat om in jou te woon, om jou te seën en om jou heel te maak:

2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

As jy werklik in Jesus glo, het jy sy krag, het jy sy liefde, en het jy al die wysheid en selfbeheersing wat jy nodig het om vry te wees van enige skuldgevoelens of angs, wat jou kan beroof van die oorvloedige lewe, waarvoor Hy gesterf en weer opgestaan het. Dis die waarheid!

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.