... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Voel Jy Moedeloos?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Listen to the radio broadcast of

Voel Jy Moedeloos?


Download audio file

Ons voel almal een of ander tyd moeg. Dit maak nie saak hoe sterk of entoesiasties jy gewoonlik is nie, maar eendag raak dit alles net te veel. “Wat is fout met my?”

Ek het ‘n paar maande gelede deur ‘n fase gegaan waar ek net uitgeput was en sommer heeltemal gedreineer gevoel het. My normale entoesiasme en krag het eenvoudig net verdwyn. En dit was nie omdat dinge in my lewe nie goed gegaan het nie. Dit was net dat dit gevoel het of my fut uit is.

Moenie sleg voel nie, onthou dat dit nie net jy is wat soms so voel nie. Dit gebeur met ons almal. En wanneer dit gebeur, is ons geneig om antwoorde te gaan soek: Miskien het ek ‘n vakansie nodig? Of miskien moet ek van werk verander? Of … maar ons gaan selde op die regte plek na ‘n antwoord soek.

Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Sien jy? Selfs die sterkste en kragtigste onder ons: jeugdiges en jong mans word moeg en moedeloos. En nie eers ‘n vakansie, of rus, of enigiets anders wat hierdie wêreld bied, gaan die probleem oplos nie. Wat is die oplossing? … vertrou op die Here.

En daardie woord, vertrou, beteken letterlik om in geloof te wag; om te wag met ‘n gevoel van afwagting van wat God gaan doen. Rus en wag op Hom … en jy kry nuwe krag. Jy sal vlieg met arendsvlerke, hardloop en nie moeg word nie, jy sal loop en nie afgemat raak nie. Wag met ‘n verwagting op God se vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy