... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Genadig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 2:13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.

Listen to the radio broadcast of

Wees Genadig


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar ek glo in Jesus; en ek weet dat ek op die oordeelsdag, wat sekerlik vir ons almal kom, God se genade sal ontvang. Maar hier is ‘n skrikwekkende gedagte: wat sal ek doen as dit nie so is nie? Wat sal jy doen?

Die genade van God maak nie sin totdat ons die toorn van God begryp nie. Wanneer die een of ander misdadiger op grond van sy oortreding, skuldig bevind word, verwag ons dat die regter geen genade sal betoon in sy vonnisoplegging nie, of hoe? Ons het dieselfde sin vir geregtigheid as God omdat ons na die beeld van God gemaak is. Laat ons dus nie die geregtigheid en toorn van God afskryf bloot omdat dit ‘n bietjie … onregverdig lyk nie.

Maar God se hart is ‘n hart van liefde, genade en barmhartigheid. Dis hoekom Hy Jesus gestuur het om vir jou en vir my aan die kruis te sterf, om aan die vereistes van sy geregtigheid te voldoen. En daarom glo ek met my hele hart, dat ek deur my geloof in Jesus, sy genade op daardie dag van afrekening sal ontvang.

Maar is daar enigiets, hoegenaamd enigiets, wat daardie genade vir my kan belemmer … of vir jou?

Jakobus 2:13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.

Moenie vir my kwaad wees nie, dit kom uit die Bybel. Dis die boodskap van die gelykenis wat Jesus vertel het van die amptenaar van wie ‘n groot bedrag skuld deur sy koning afgeskryf is, maar wat toe daarop aangedring het dat ‘n medeamptenaar wat ‘n baie, baie kleiner bedrag aan hóm skuld, dit moet terugbetaal. Toe die koning dit uitvind, was sy toorn onblusbaar.

As jy nie barmhartigheid bewys nie, dan sal God nie aan jou barmhartigheid bewys wanneer Hy jou oordeel nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.