... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bybels…Of Nie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 17:5,6 So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; ’n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.

Listen to the radio broadcast of

Bybels…Of Nie?


Download audio file

Op die oog af lyk dit asof daar baie standpunte is waarmee die Woord van God en hedendaagse denke bots. En wanneer dit gebeur, het ek en jy die keuse oor watter een om te volg.

Dit is ‘n stryd wat ons almal in die gesig staar. Daar is soveel oënskynlike teenstrydighede tussen die Godgeïnspireerde Woord en hedendaagse sosiale denke en moraliteit, dat ek en jy die hele tyd in twee geskeur word.

Die eerste ding om te besef, is dat dit niks nuuts is nie. Al te dikwels tree ons op asof dit net in óns generasie voorkom. Maar die rede waarom God se kinders sedert die antieke tye reeds vervolg is, is omdat God se liefde, sy weë en sy waarheid in ‘n hewige stryd teen die bose van hierdie wêreld staan. Dit is hoekom hulle Jesus gekruisig het. Dit is hoekom Christene sedertdien uitgeskel en selfs gemartel word.

Reeds tydens Ou Testamentiese tye, toe Israel ‘n wêreldse rigting ingeslaan het, is dít wat God vir hulle moes sê. Luister aandagtig:

Jeremia 17:5,6 So sê die Here: Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos ‘n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; ’n bossie wat in ‘n klipwoestyn staan, in ‘n brak wêreld waar niemand woon nie.

Dit is baie maklik om af te dwaal, soos Israel ten tye van hierdie vermaning van God, ten gunste van die wêreld se sogenaamde “wysheid” bo God se Woord gekies het. Maar soos negentiende-eeuse Britse prediker en evangelis, Charles Spurgeon, dit gestel het: Die Heilige Gees ry op die strydwa van die Skrif en nie in die wa van moderne denke nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy