... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Winkeltrollie Teorie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here.

Listen to the radio broadcast of

Winkeltrollie Teorie


Download audio file

 Ek dink die meeste van ons moes al dikwels besluit: Sal ek die inkopietrollie terugneem na die plek in die parkeerterrein wat daarvoor gemerk is, of sal ek dit net, soos soveel ander mense, langs my kar los en wegry?

Noem my maar simpel, maar ek dink die terugbesorging van die inkopietrollie is ‘n primêre toets wat bepaal of jy ‘n mens van inbors is. Vir die meeste van ons is dit ‘n vinnige, maklike taak om die trollie op die regte plek te bêre; een wat ons almal weet die regte ding is om te doen.

Ja, … dit is nou wel nie onwettig om jou trollie daar by die trollies wat lukraak oor die parkeerterrein rondstaan te voeg nie. Niemand sal jou beboet, straf of jou doodmaak omdat jy dit daar gelos het nie. En tog …

Dis die vraag – los ek dit of neem ek dit terug? Daardie nederige inkopietrollie vertel ons baie van onsself. Sal ek doen wat reg is, sonder om gedwing te word? Sal ek dinge makliker maak vir die personeel wat daar werk en veiliger en geriefliker maak vir die ander kliënte en motoriste, bloot uit die goedheid van my hart … of nie?

Dit maak sekerlik nie saak nie. Niemand sal dit sekerlik agterkom nie.

Kolossense 3:22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here.

Ek en jy het elke dag die geleentheid om te doen wat reg is; om, op ontelbare klein maniere dinge te doen wat goed is, maar wat grootliks onopgemerk sal bly. Die vraag is … sal ons daardie geleenthede aangryp?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.