... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Foute Wat Vrouens Maak (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 31:10-12 'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

Listen to the radio broadcast of

Die Foute Wat Vrouens Maak (1)


Download audio file

Die grootste fout wat ek ervaar wat vrouens in hul huwelike maak, is om sodra die kinders bykom, hul mans na die derde, vierde of vyfde plek in die gesinshiërargie te verskuif. Dis ‘n groot fout.

Net ingeval jy dink dat ek besig is om vroue te probeer afkraak, wil ek net verduidelik dat ons die afgelope paar dae gesels het oor die grootste foute wat mans maak. Ek gaan konsentreer op die vrou se rol om God se wysheid aan haar gesin oor te dra en om haar gesin te herstel en te versterk.

Die verhouding wat ‘n ma met haar kinders het, is inderdaad baie spesiaal. Sy het hulle immers in haar liggaam gedra en aan hulle geboorte gegee – ‘n band wat ons as mans beslis nie kan begryp nie.

Maar sonder ‘n man en pa, sou daar geen kinders wees nie. En sonder ‘n sterk verhouding tussen ‘n vrou en haar man, sê ek vir jou, gaan daardie kinders die spoor byster raak en gaan daardie gesin uitmekaar val. As jy ‘n vrou is, luister wat staan in:

Spreuke 31:10-12 ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

Die perfekte vrou is iemand op wie haar man kan staatmaak; sy is haar hele lewe lank goed vir hom, sy veroorsaak nooit moeilikheid vir hom nie. Dit stel ‘n baie hoë standaard, nè?

Vrouens, jou man moet op jou kan staatmaak as jy verwag dat hy jou sal beskerm en vir jou sal voorsien. As jy jou huwelik sterk wil hou, is dit hoe jy dit doen. Moenie hom afskeep en ander prioriteite bo hom stel nie, maar wees altyd goed vir hom en moenie vir hom moeilikheid veroorsaak nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.