... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Foute Wat Mans Maak (2)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 6:1,2,4 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod... En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

Listen to the radio broadcast of

Die Foute Wat Mans Maak (2)


Download audio file

Te veel mans het hulself, beide as eggenote en vaders, emosioneel van hul gesinne afgesluit. En juis daar is een van die grootste foute wat ons as mans ooit kan maak, want in die afwesigheid van godvrugtige, betrokke manne, breek gesinne op groot skaal uitmekaar.

Jy weet hoe dit gaan. Ons is so verdiep in ons werk en bring sulke lang ure by die werk deur, dat ons teen die tyd wat ons by die huis kom, geen meer brandstof in ons tenks oor het nie.

Wat gebeur, is dat ons onsself in ons eie wêreld terugtrek om ons batterye te herlaai. Ja, dit is tot op ‘n punt geregverdig, maar die probleem ontstaan nou, dat ons nooit uit daardie afgetrokke selfgesentreerde plek kom nie. Dit lei daartoe dat soveel mans nie meer deel is van die alledaagse dingetjies waarin die gesin betrokke is nie.

Ons hou op om dié dinge te doen, wat ons as mans veronderstel is om te doen, naamlik om ons vrouens lief te hê, ons kinders te dissiplineer, ons tienerdogters aan te moedig, en om ‘n steunpilaar vir ons seuns te wees wanneer hulle deur ‘n moeilike tyd gaan. 

Ongelukkig sal baie vrouens vir jou sê dat hul mans hul leiersrol geabdikeer het en opgehou het om die moeilike kwessies tuis te hanteer.

Efesiërs 6:1,2,4 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is ‘n baie belangrike gebod… En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

Manne, dit is julle taak om julle kinders te leer om hulle pa en hulle ma te eer. Dit is harde werk. Dit gaan nie daaroor om hulle te irriteer nie, maar om die wysheid en die liefde van God by hulle te vestig. Hoe? Deur hulle te wys hoe om te lewe op ‘n manier wat die fondamente van die lewe vir toekomstige geslagte sal lê. Dit verg enorme energie. Dit vra diep emosionele betrokkenheid.

Meneer, raak betrokke, begin om jou plek vol te staan.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.