... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Uitverkorenes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs1:26-29 Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie

Listen to the radio broadcast of

Die Uitverkorenes


Download audio file

Wanneer ons aan die heelal dink, sal ons besef hoe klein en onbelangrik ons in werklikheid is. Ons is net ‘n piepklein planeetjie, wat in die ruimte om een van die kleiner sterre, een uit ‘n triljoen wentel.

Dit plaas dinge in perspektief! En van die agt biljoen mense wat op hierdie oomblik op aarde leef, is daar so baie wat slimmer, belangriker en ryker as jy en ek is. Kan dit dus werklik moontlik wees dat ‘n almagtige, liefdevolle God ooit in ons belang sou stel … 

Wel, ek het goeie nuus vir jou. As jy werklik in Jesus glo en as jy deur al die mislukkings en storms in jou lewe vashou aan die Kruis van Christus, dan is jy sy uitverkore kind.

1 Korintiërs 1:26-29 Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie.

Jesus het vir die mense van die wêreld so ongelooflik dwaas gelyk toe Hy daar aan daardie Kruis gehang het. En so lyk ons ook vir die wêreld dwaas, wanneer ons in Hom glo. Maar as ons glo, dan word ons, wat niks in hierdie groot heelal is nie, uitgekies om syne te wees. Dink daaraan!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.