... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Waarheid Geopenbaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.

Listen to the radio broadcast of

Die Waarheid Geopenbaar


Download audio file

In hierdie post-Christelike era waarin ons leef, het die begrip “waarheid” baie verskillende betekenisse aangeneem. Mense baklei vir hul eie weergawe, hul eie waarheidsnarratief, want elke haan wil op sy eie mishoop koning kraai.

Maar weet jy, dis in hierdie rumoer van mededingende “waarhede” wat God steeds vandag die ewige waarheid dat Hy sy Seun gestuur het om ons te red, wil openbaar. Hy smag daarna dat ons sy liefde, sy genade en sy guns deur Jesus sal beleef. Dit is die waarheid. Hoe openbaar Hy dit?

Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.

God het sy Waarheid in die vlees vir ons kom bekendmaak. Hy het Homself op ‘n praktiese wyse in ons komplekse, deurmekaar lewens aan ons geopenbaar. Waarheid kan nie geleer word nie, dit moet beleef word. Ons moet dit beleef, net soos die dissipels dit op daardie stofpaaie van die eerste-eeuse Israel saam met Jesus ervaar het.

My vriend, Jesus is die Waarheid. En wanneer jy Hom leer ken, in Hom glo, en Hom ervaar … Sal Hy jou lewe verander. Wie My sien, sien die Vader. Dis die waarheid.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.