... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geen Stomp Voorwerpe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:5-7 Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

Listen to the radio broadcast of

Geen Stomp Voorwerpe


Download audio file

“Waarheid” is ‘n interessante konsep. Dit het niks te doen met ‘n persoon se idees of gevoelens nie, dit is onpartydig en sê bloot iets is óf waar, óf dit is nie. Maar die waarheid kan aanstoot gee en so kwetsend wees, dat ons dit nie wil hoor nie.

Ek was ‘n paar jaar gelede regtig vetsugtig. Ek was ver oorgewig, my bloedsuiker was te hoog en die skrif was aan die muur… En wat het ek gedoen? Ek het dit vermy om in die spieël te kyk. Ek het foto’s vermy.

Daar is ‘n groot verskil tussen om aan die eenkant die waarheid te ken en om aan die anderkant dit te aanvaar –  om intellektuele inligting te hê, of om dit toe te laat om ons lewens te verander. Dit is hoekom die waarheid, as ‘n ongevoelige stomp instrument, selde werk. Jy kan nie iemand met die waarheid oor die kop slaan en verwag dat hulle moet verander nie. En dit is hoekom God gekies het om die Waarheid, Jesus, ‘n mens te maak.

Johannes 14:5-7 Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.

Jesus het nie gesê: “Volg die pad daar oorkant nie.” Hy het gesê: “Ek is die weg.” Hy het nie gesê: “Dit is die waarheid,” en toe ‘n reeks onvanpaste en gekompliseerde clichés afgerammel vir mense wat onderdrukte en gekompliseerde lewens lei nie. Hy het eenvoudig gesê: “Ek is die waarheid.”

En as God die Waarheid, nie net ‘n paar feite gemaak het nie, maar ‘n Persoon, Jesus, met wie ons in ‘n intieme verhouding kan staan, is dit miskien, miskien net… nie so ‘n slegte plan vir ons, as ons die Waarheid, die Goeie Nuus van Jesus, met ander mense deel nie.

Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.