... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dink goed!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs11:7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.

Listen to the radio broadcast of

Dink goed!


Download audio file

Een van die groot uitdagings om God se roeping op ons lewens te gehoorsaam, is om te weet hoeveel geloof ons nodig het om die mal idees wat by ons opkom uit te voer; en hoe om ook rasionele besluite te neem.

Ek hoop regtig dat jy op ‘n gereelde basis daardie dilemma in die gesig moet staar, want dit sê vir my, dat jy voor ‘n geloofsuitdaging te staan gekom het. Jy swaai soos ‘n akrobaat in die lug waar, tensy God opdaag, jy jou te pletter gaan val. Wat ‘n wonderlike plek om te wees, daardie plek waar ons net op God moet staatmaak.

Nou-ja, kom ons kyk na mal idees. Noag se bou van die ark kilometers van enige see of oseaan af, is beslis bo aan die lys! Dit het hom baie dekades en ‘n groot hoeveelheid arbeid en geld gekos om te vermag, terwyl al die omstanders met mal ou Noag gespot het. Maar hy het dit tog gedoen…

Hebreërs 11:7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was ‘n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.

Ja, Noag het die ark deur geloof gebou, maar hy moes hard werk daaraan; hy moes beplan, hy moes voorrade gereed kry, hy moes dit afmeet. Die ark het kennis van skeepsbou- ingenieurswese vereis. Daar was skrynwerk betrokke. Sonder beplanning en rasionele denke sou Noag nooit die ark “in geloof” kon bou nie.

Die kern is dat rasionele denke ‘n belangrike rol in enige geloofswandel speel. Dit is nie die een of die ander nie. Dit is albei. Volg absoluut met jou hele hart God se oënskynlik mal roeping op jou lewe. Ja, wandel in geloof. Maar gebruik jou kop.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.