... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Kuns Om Niks te Doen Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 6:30,31 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Kuns Om Niks te Doen Nie


Download audio file

Laat ek jou vra: op ‘n skaal van een tot tien, hoe besig is jou lewe? Is jy een van daardie mense wat, wanneer hulle gevra word hoe dit gaan, antwoord: “O, jy weet, besig, besig, besig”?

Dit is natuurlik nie van toepassing op almal nie. Vir party mense, veral diegene wat ‘n bietjie meer, sal ons sê, chronologies bedeeld is, kan die lewe inderdaad baie stil wees. Maar die meeste mense se lewens is waarskynlik gejaagd en dikwels chaoties. Hulle lewe het heeltemal te veel persoonlike en professionele dinge wat om hulle gebeur.

Dit is ontnugterend om te besef dat die lewe destyds vir Jesus baie dieselfde was. Nee, Hy was nie destyds 24×7 met die sosiale media aan die wêreld gekoppel nie, maar Hy was ‘n beroemde persoon. Hy het popster-status gehad. Hele dorpe sou hul deure sluit om na ‘n veld uit te gaan om Hom te hoor praat en sy ongelooflike wonderwerke te sien.

Die skares het om Hom gekoek. Hy het moeilike personeel gehad om te bestuur. En om sake te vererger, het Hy nie in luuksheid met lugversorging van plek tot plek gereis nie. Hy moes in die stofpaaie loop – in die versengende hitte, of in die reën, of wanneer dit hael.

Markus 6:30,31 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.”

Doen jouself ‘n guns. Skakel jou foon af. Ontkoppel hom en gaan na ‘n stil plek en rus ‘n bietjie. Herontdek die kuns om eenvoudig niks te doen nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.