... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Wens …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 112:5-7 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.

Listen to the radio broadcast of

Ek Wens …


Download audio file

Sê my, wanneer laas was jy in die versoeking om oneties op te tree? Aan die eenkant het jy geweet wat die regte ding is om te doen. Aan die anderkant, kon jy met ‘n bietjie misleiding, of deur net hier of daar ‘n kortpad te vat, of om die waarheid net so effens te buig, ‘n heel ander weg ingeslaan het en dinge in jou guns beklink het.

Die versoeking om te kry wat jy wil hê, deur net ‘n bietjie oneerlik te wees, of om net ‘n klein ou witleuentjie te vertel, kom baie meer dikwels voor as wat jy dalk dink.

Ek is seker dat jy, sonder te veel inspanning, aan ‘n hele aantal geleenthede kan dink om dinge in jou guns te verander, deur slegs jou duim ongemerk op die skaal te druk.

En hoekom word ons versoek? Omdat ons gulsig is. Ons wil goed hê. Ons wil die uitkoms hê, wat óns wil hê! Ek wens ek het … ek wens ek kon … ek wens … En so mooitjies, al is dit so ‘n klein bietjie oneerlik, stuur ons dinge in daardie rigting.

Psalm 112:5-7 Dit is ‘n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.

In daardie verborge oomblik van versoeking verg dit moed om te doen wat reg is. Maar God is daar in daardie verborge oomblikke. Hy weet wanneer ons versoeking weerstaan. En Hy weet wanneer ons voor versoeking swig. En daar is gevolge, goeies en slegtes, dit hang net af van hoe ons kies.

So … wees versigtig om nie jou wensbeentjie te laat groei waar jou ruggraat moet wees nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.