... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hulle wil Jou Stenig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 10:31 - 32 “Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?”

Listen to the radio broadcast of

Hulle wil Jou Stenig


Download audio file

Christene word deesdae dikwels deur die wêreld veroordeel en verneder. Ja, hulle word gestenig! Een van die redes is omdat daar soveel skynheilige Christene onder ons voorkom. Niemand hou van skynheiligheid nie. Maar daar is ‘n ander dieper oorsaak…

Vir baie mense wat nie in Jesus glo nie, gee ons geloof in Hom aanstoot. En ek verstaan dit baie goed. Voordat ek ‘n Christen geword het, het die dinge wat die Christene gesê en gedoen het, my vies gemaak. Selfs die goeie dinge, ja miskien hoofsaaklik die goeie dinge, het my tot in my siel geaffronteer.

Ek het Christene gehaat. Ek het hulle vervolg. Ek het hulle met kritiek gepeper. As ek terugdink daaraan, moet ek myself afvra … hoekom was ek so driftig?

Die eenvoudige antwoord? Omdat hulle goedheid my aangekla het. Hulle Lig het op die duisternis in my siel geskyn; ‘n duisternis wat sy tentakels om elke deel van my lewe gevou het. En soos ‘n kanker was dit onmoontlik vir my om op my eie daaruit los te kom. Ek het vasgeskop en my standpunt halsstarrig verdedig. Ek het my lewe lank daaraan vasgeklou.

En dit is presies wat hier gebeur het:

Johannes 10:31 – 32: Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?”

En dis presies wat hulle gedoen het! Hulle het Hom uiteindelik doodgemaak! Niemand hou daarvan wanneer mense beskuldigings na hulle slinger omdat hulle in Jesus glo nie; maar dit is tog wat Hy voorspel het. Niemand wil soos Jesus gekruisig word nie, maar Hy het ons geroep om ons kruis op te neem en Hom te volg. Moet dus nie verbaas wees as hulle jou wil stenig nie! 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.