... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geen Dienswerk is te Onbelangrik Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:8-10 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Listen to the radio broadcast of

Geen Dienswerk is te Onbelangrik Nie


Download audio file

Ek is ‘n feilbare, onvolmaakte mens net soos jy, en ek begeer om onder alle omstandighede eerlik, openlik, deursigtig en eg te wees. Wel, vandag is een van daardie dae waar ek myself as ‘n voorbeeld gaan gebruik en my swakhede aan die kaak gaan stel.

Dis hoe my daaglikse roetine lyk: Ek berei boodskappe soos hierdie voor. Ek gaan na radio-en televisie-ateljees om die boodskappe op te neem en ek is verantwoordelik vir ‘n bediening wat letterlik miljoene mense daagliks met die Goeie Nuus van Jesus bereik. Dit klink fantasties, nè?

Maar weet jy, ek is nie van nature die soort persoon wat by ‘n bushalte gaan sit, ‘n gesprek met iemand aanknoop en van Jesus begin vertel nie. Dit is ‘n talent waaroor ek nie beskik nie.

Hier is die probleem – ek troos myself, dat ek my deel bydra, en dat ek nie daardie persoonlike gesprekke hoef aan te knoop nie. Ek sal dit aan iemand anders met daardie talent oorlaat. Maar kyk wat sê Petrus hieroor in:

1 Petrus 4: 8-10 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Om mense innig lief te hê, ‘n maaltyd met hulle te deel, aan hulle God se genade te bewys … dit is alles dinge wat van aangesig tot aangesig geskied. Hulle is soms morsig, moeilik en ongerieflik. Maar hulle is vir God baie belangrik!

Wat ook al ons gawes en roeping mag wees, dit bly jou en my plig om mense persoonlik op te soek, om hulle innig lief te hê en om hulle te dien. Dit geld vir ons albei, vir jou en vir my … want dit is hoe God lewens verander – hulle s’n en ons s’n.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.