... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Verras Ons

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Rut 2:4 Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”

Listen to the radio broadcast of

God Verras Ons


Download audio file

Enige getroude persoon onder ons sal vir jou kan sê dat hulle huweliksmaat so nou en dan iets heeltemal onverwags doen. Jy het gedink jy ken hulle … maar helaas!

En dit is wonderlik, want dit hou die lewe interessant. Die waarheid is dat jy ‘n ander persoon nooit regtig honderd persent sal ken nie, selfs al is jy al vir vyftig jaar of langer met hulle getroud.

Kom ons pas nou daardie verskynsel op ons verhouding met God toe. Weet jy, al smag ons daarna om Hom te ken, is Hy so groot, almagtig, alomteenwoordig, vry van die beperkings van tyd – wat ons lewens beheer – dat Hy ons so dikwels, en baie meer as enigiemand wat ons ken, verras.

As jy al ooit die boek, Rut, in die Ou Testament gelees het, sal jy weet dat sy op ‘n jong ouderdom, as weduwee na ‘n vreemde land getrek het. Sy was so lojaal teenoor haar skoonma, Naomi, dat God, sonder dat sy dit geweet het, besluit het om haar te seën.

Rut was besig om gerwe op te tel, toe die eienaar van daardie landery haar opgemerk het.

Rut 2:4 Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”

En as jy die res van die verhaal volg, sal jy sien dat Rut en Boas uiteindelik trou, en dat Rut, ‘n Moabitiese vrou, een van slegs drie vroue is, wat in die geslagsregister van Jesus, in Matteus Hoofstuk een, genoem word.

Met watter doel praat ek vandag oor die geskiedenis van ‘n vrou wat as ‘n heiden beskou was? Ek wil beklemtoon dat God nie in ‘n boksie gesit kan word nie. Moenie toelaat dat jou verwagtinge van Hom so onbeduidend klein is, dat jou verhouding met Hom afdaal tot op ‘n menslike, alledaagse vlak nie, want Hy sal baie dikwels jou voete onder jou uitslaan en jou met groot seëninge verras.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.