... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou afspringplek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 6:2-4 Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here, en my in u gramskap tugtig nie. Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee? Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe. Help my, want U is getrou.

Listen to the radio broadcast of

Jou afspringplek


Download audio file

Stel jou vir ‘n oomblik voor dat ‘n storm opsteek terwyl jy op die oop see in ‘n klein bootjie vaar. Die wind huil, die onweerswolke pak saam en die golwe skommel jou bootjie … wat gaan jy doen?

Die storms tref ons as gevolg van baie verskillende redes. Die lewe is onregverdig … ons het baie drooggemaak … God het in sy wysheid, om redes waarvan net Hy weet, besluit dat dit tyd is vir ‘n storm in ons lewe. Maar weet jy, wanneer daar ‘n hewige storm woed en jy in daardie klein bootjie op ‘n onstuimige see sit, maak die rede vir die storm regtig nie saak nie. Die vraag is, wat gaan jy daaromtrent doen?

Ons natuurlike instink is om dadelik harder te roei, of om die kuswag te bel. En dis seker ook nie ‘n dom ding om jou reddingsbaadjie aan te trek nie of om jou noodfakkel af te vuur nie. Maar wat sal jy doen as daardie storm so erg is, dat geen mens jou daaruit sal kan red nie?

Ek lees dikwels van Dawid se Psalms, omdat hy soveel keer in oorlewingsituasies betrokke was. Hier is:

Psalm 6:2-4 Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here, en my in u gramskap tugtig nie. Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee? Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe. Help my, want U is getrou.

Dawid was in ‘n ellendige situasie vasgevang. Dawid het besef dat sy storm die gevolg van God se woede en God se straf was. En tog, te midde van daardie storm, het Hy besef dat slegs God ‘n uitweg kan bied.

Gaan eerste na God, moenie hom as ‘n laaste uitweg beskou as jou eie planne misluk het nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.