... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie So Hard Werk Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:4,8 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God

Listen to the radio broadcast of

Moenie So Hard Werk Nie


Download audio file

Om mense te beïndruk, om hulle met ons briljantheid te verblind, lyk asof dit een van die beste maniere is om voorgang te maak in die lewe. Jou beeld is belangrik, of te wel “die vere maak die voël.”

Manne, toe ek die eerste keer my vrou Jacqui ontmoet het, wou ek haar beslis beïndruk; ek wou haar aandag trek; ek wou haar guns wen. Dit is net normaal, nè? Maar noudat ons al meer as ‘n kwarteeu lank getroud is, wil ek haar nie beïndruk nie … ek wil haar seën. Daar is ‘n groot verskil. En dit is dieselfde met God.

Te veel mense wat in Jesus glo, leef met die aaklige gevoel dat hulle hard moet werk om Hom te beïndruk en die hele tyd skuldig moet voel oor die foute wat hulle gister gemaak het. Maar dit is glad nie hoe dinge in God se koninkryk werk nie. Ons sien in:

Efesiërs 2:4 en 8  Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.

Miskien moet jy dit vandag hoor: hou op om so hard te werk om God, wat reeds sy genade oor jou uitgestort het, te probeer beïndruk. Jy kan nie sy guns deur jou werke verdien nie … dit is sy gratis geskenk wat reeds deur Jesus aan jou gegee is.

Ons doen nie goeie werke om gered te word nie. Ons doen goeie werke omdat ons gered is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.