... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lewe ‘n Vervulde Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:16-19 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Listen to the radio broadcast of

Lewe ‘n Vervulde Lewe


Download audio file

Daar is ‘n enorme groot verskil tussen ‘n vervulde vol lewe en ‘n leë lewe; een wat vir ander mense tot seën is en een wat nie is nie; ‘n lewe van diepe bevrediging en een van chroniese frustrasie. Watter soort lewe leef jy?

Dit is ‘n ontnugterende vraag, want terwyl ons besig raak om alles te doen wat ons elke dag moet doen … word ons ouer. Baie mense word minder aktief soos hulle ouer word. Party word selfs eensaam … maar die lewe verloop onomkeerbaar, tot eendag wanneer jy nie meer daar is nie.

En om tot aan die einde van jou lewe te kom, net om te besef dat die lewe nie so vervullend was, as wat jy gehoop het dit sal wees nie, wel, dis ‘n enorme tragedie.

Jesus het belowe dat diegene wat in Hom glo, sal ly soos Hy gely het. Eina! Tog het Hy ook belowe dat ons ‘n “oorvloedige lewe” sal lei. Iemand het my eenkeer gevra wat dit eintlik beteken? Wel, hier is hoe die apostel Paulus dit aan ‘n paar van sy vriende verduidelik het in:

Efesiërs 3:16-19 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

‘n “Oorvloedige lewe” is ‘n lewe gevul met die innerlike krag van Christus wat in jou woon; ‘n lewe stewig gevestig in liefde; ‘n lewe wat tot die buitensporige dimensies van God se liefde vir ons, geleef word. Dink mooi: Watter soort lewe leef jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.