... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lewende Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:21,22 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Lewende Geloof


Download audio file

Top atlete werk ongelooflik hard om sukses te behaal. Of hulle nou aan spansport of aan individuele sport deelneem; hulle spandeer dikwels baie tyd daaraan om so goed te word as wat hulle moontlik kan wees.

Dink jy ooit aan die harde werk, die lang ure, die opofferings wat jou gunsteling span of atleet gemaak het om op hierdie vlak mee te ding, wanneer jy regstreeks, of op televisie, na ‘n kompetisie kyk? Antwoord? Waarskynlik nie, nè! Net soos die res van ons, geniet jy eenvoudig die skouspel van hulle deelname.

Maar sonder daardie agter-die-skerms pyn en opoffering, sou hulle nie daar gewees het nie. En dit is presies dieselfde met ons geloofspad. Tensy jy die harde werk agter die skerms insit, sal jy nooit op die speelveld deelneem nie.

Jakobus 1:21,22  Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.

Met ander woorde, of mense dit kan sien of nie, dit begin alles wanneer jy die Woord van God nederig in jou hart ontvang. Dit begin alles met ‘n hartsbesluit om Jesus te volg, selfs wanneer bose mense jou daaroor wil spot.

En dan … dan, gaan dit oor tot harde werk, die opoffering, die gehoorsaamheid en die nederigheid in die aangesig van boosheid. Atlete kan soveel handboeke as wat hulle wil oor hul gekose sport lees, maar dit sal hulle nie in die speelveld bring nie. Hulle moet self daar uitkom en deelneem.

Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê dit nie net aanhoor nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.