... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lief en Leed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 5:13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

Listen to the radio broadcast of

Lief en Leed


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar die plan wat ek vir my lewe het, is dat alles net mooi rustig en bestendig moet verloop. Daar moet dikwels gelukkige tye wees en baie, baie selde (indien ooit) ongelukkige tye. Dit klink mos redelik?

Maar natuurlik is die lewe nie so eenvoudig nie. Voorspoed en teëspoed bekruip ons dikwels uit die bloute sonder enige waarskuwing. Ja, ons kan die teëspoed beperk, deur die doelbewuste sonde in ons lewens te stop en so die verskriklike gevolge daarvan vry te spring. Maar dan is daar gebeure buite ons beheer, wat binne ‘n oomblik vir ons óf af in die diepste donkertes intrek óf na die verruklikste bergtop kan wegvoer. Dis die lewe…

Maar as jy in Jesus glo, as jy besluit het om Hom te volg net waarheen Hy jou ook al lei, en as jou hart waarlik daarna smag om Hom te eer en te gehoorsaam, dan is Hy by jou net waar jy is, al is die lewe nie altyd rosegeur en maanskyn nie. Ons lees in  sy Woord hoe om daardie goeie en slegte tye – of moet ek sê die slegte en die goeie in jou lewe, te hanteer:

Jakobus 5:13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

Dit is mos nou kort en kragtig. Ons weet dat probleme altyd daar sal wees, maar wanneer hulle kom, bid! Wanneer probleme jou in die gesig staar, moet God jou eerste toevlugsoord wees. Vra Hom om sy hulp en glo dat Hy by jou is. Ja, net daar waar jy in daardie diep kuil van ellende sit, is Hy gereed, Hy’s gewillig en in staat om jou deur daardie probleem te lei.

En wanneer die goeie tye aanbreek – daardie gelukkige dae – moet jy sing en juig en blywees; loof God vir sy goedheid; dank Hom vir sy seëninge. Ek dink soms vier ons nie daardie goeie tye soos ons moet nie – want jy weet mos God is ook daar in jou tyd van vreugde en Hy moet verheerlik en geprys word!

As jy swaar kry, moet jy bid. As jy opgeruimd is, moet jy lofliedere sing.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.