... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Myns Insiens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,

Listen to the radio broadcast of

Myns Insiens


Download audio file

Ons het elkeen ons eie opinie oor baie dinge. Ons het opinies oor wat reg en wat verkeerd is; oor die politiek; oor beroemde persone; oor wat fout is met ons huweliksmaats; oor ons bure en nog wat. Ja, ons het almal opinies. Baie verskillendes.

Hoe meer ek kyk na dít wat deesdae as nuusberigte in verskillende bulletins verskyn, hoe meer besef ek dat dit nie soseer “nuus” is nie, maar die beriggewing van ander mense se – ja – jy het reg geraai – hulle opinies.

Dit is normaal dat ons opinies het en nie al ons opinies is verkeerd nie. Maar wag ‘n bietjie en dink na aan wat gebeur wanneer ons ‘n standpunt oor iemand of iets inneem; wanneer ons ‘n mening vorm. Ons stel onsself sommer as regter, jurie en laksman aan. Ons persepsie is dikwels baie minder op vaste bewyse gebaseer en baie meer op hoe ons, of ander mense, oor dinge mag voel. 

Baie van God se eie kinders – ja, daardie ouens wat hulself Christene noem – het hul eie opinies oor sy Woord. “Nee man, ek hou nie so baie van daardie versies en beginsels nie – ek sal dit eerder ignoreer.” En so leef ons in ons eie klein wêreld, en sak in die sinkgate van ons dikwels gebrekkige oordele en opinies weg. Maar hier is ‘n belangrike riglyn in:

2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek,

Wie het vir ons die Skrif gegee? God self. Hoeveel van die Skrif is nuttig in ons lewens? Alles! En God se Woord is nie sy idees of opinies nie. Dit is die waarheid.

Nouja, sal jy die besluit neem om sy waarheid te volg, al voel dit ongemaklik en al bots dit met jou eie opinies?

Om opinies te vorm is maklik – om besluite te neem is moeilik.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.