... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ware Volwassenheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5: 38,39 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.

Listen to the radio broadcast of

Ware Volwassenheid


Download audio file

Ek hou nie daarvan wanneer mense my seermaak nie. Dis soms opsetlik, ander kere nie. Niemand hou daarvan nie! Maar op daardie oomblik wanneer ‘n mens seerkry, is jou natuurlike reaksie om wraak te sweer.

Kom ons kyk hoe dit werk. Ek en jy is na God se beeld geskape. God is nie slegs ‘n god van liefde nie, Hy is ook ‘n god van geregtigheid. Dit is tog wat jy van ‘n almagtige God verwag, of hoe?

En aangesien ek en jy na sy beeld geskape is, het ons die vermoë om lief te hê. Maar terselfdertyd het ons ‘n diep gesetelde sin vir geregtigheid.

En kom ons wees eerlik – wanneer iemand ons seermaak, is ons natuurlike neiging om liefde by die venster uit te gooi en swaar terug te val op ons sin vir geregtigheid … ‘n onbetroubare reaksie wat ons op die pad van wraak lei. Jesus het dit geweet, en dit is ongetwyfeld hoekom Hy gesê het:

Matteus 5:39 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.

Dis nie so maklik nie, nè? Daar word gesê dat die ware kenmerk van volwassenheid is, dat wanneer iemand jou seermaak, eerder as om hulle terug seer te maak, jy hul probeer verstaan. Ek dink dit is die les wat Jesus ons hier leer.

Jesus het aan die Kruis die prys vir jou en my oortredings, wat deur God se geregtigheid vereis is, betaal. Jesus het vir mense soos ek en jy, wat in sondige rebellie teen God leef, sy ander wang gedraai. 

Draai jy dan ook die ander wang.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.