... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Kragtige Vennootskap

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:22-24 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.

Listen to the radio broadcast of

‘n Kragtige Vennootskap


Download audio file

Wie van ons wil nie ‘n meer vervulde lewe leef nie? ‘n Lewe vry van die foute wat ons in die verlede gemaak het; een wat hierdie wêreld ‘n beter plek maak? Dit is ‘n natuurlike, aangebore begeerte.

Die uitdaging om daardie beter lewe te leef, is dat dit verandering, harde werk en opoffering behels. Gevolglik mis baie mense, selfs die meeste, hierdie vrugbare lewens omdat hulle daarvan wegskram om betrokke te raak.

Maar daardie beloning … die beloning om die ou self te kruisig en die nuwe lewe te omhels, is so groot dat dit moeilik is om woorde te vind om dit te beskryf. Absoluut wonderlik. Ongelooflik voortreflik. Ontsaglik verhewe bo enigiets wat ons in die verlede beleef het, en ver weg van ons swakhede en die verskonings waaruit ons voorheen geleef het.

God begeer, dat ons ons oë oopmaak om te sien wat kan gebeur wanneer ons ‘n kragtige vennootskap met Hom aangaan.

Efesiërs 4:22-24 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.

Nouja, wat kies jy? Erger en slegter … of beter en nog beter? Wanneer ons selfvoldaan raak, is dit maklik om geflous te word deur ons ou sondige begeertes. Maar God, die Heilige Gees, is gereed om ons harte en ons gedagtes te verander. Wees dus daardie nuwe mens wat gemaak is om soos God te wees en om waarlik goed en heilig vir Hom te leef.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.