... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Ontsettende Verantwoordelikheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Esegiël 3:18,19 As Ek die bose mense waarsku en sê: ‘Jy verdien die doodstraf,’ maar jy waarsku hulle nie, sal hulle doodgaan vanweë hulle afskuwelike dade. Maar Ek sal jou verantwoordelik hou, en hulle bloed van jou eis. As jy hulle waarsku en hulle hou aan om afskuwelike dinge te doen en weier om om te draai, sal hulle as gevolg van hulle sondes doodgaan. Maar jy sal jou eie lewe red omdat jy gedoen het wat vir jou gesê is. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Ontsettende Verantwoordelikheid


Download audio file

Elke seëning bring ‘n verantwoordelikheid. Dit wil voorkom asof dit ‘n universele beginsel is. Dit beteken dat as jy ryk is, jy ‘n verantwoordelikheid teenoor die armes het.

As jy, soos ek, in Jesus glo, dan is die grootste seën in jou lewe die feit dat Hy deur sy offer aan die Kruis, die prys wat God se geregtigheid vir jou sonde eis, ten volle betaal het.

En dit … dit het die weg gebaan tot ‘n nuwe lewe, vry van die verwoesting van sonde; ‘n lewe wat tot in alle ewigheid in God se Teenwoordigheid sal voortgaan. Daar is geen groter seën as dit nie, nè?

Maar met daardie seën kom ‘n baie groot verantwoordelikheid. Wat is God se perspektief hieroor? Ons sien in:

Esegiël 3:18,19 As Ek die bose mense waarsku en sê: ‘Jy verdien die doodstraf,’ maar jy waarsku hulle nie, sal hulle doodgaan vanweë hulle afskuwelike dade. Maar Ek sal jou verantwoordelik hou, en hulle bloed van jou eis. As jy hulle waarsku en hulle hou aan om afskuwelike dinge te doen en weier om om te draai, sal hulle as gevolg van hulle sondes doodgaan. Maar jy sal jou eie lewe red omdat jy gedoen het wat vir jou gesê is. (NLV)

Wat ‘n verskriklike groot verantwoordelikheid! Dis jou verantwoordelikheid om vir die mense in jou lewe van Jesus te vertel en om die Goeie Nuus van hierdie grootse seëning, met hulle te deel. Sal hulle almal na jou luister? Natuurlik nie. Sal sommige van hulle jou vermy, jou beledig en vervolg omdat jy hulle gewaarsku het? Hulle sal! Maar in daardie geval sal hulle bloed nie op jou hande wees nie.

Ja, dit is beslis ‘n ontsaglike groot verantwoordelikheid wat op elkeen van ons, wat onsself Christene noem, rus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.