... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Wankelrige Godsdiens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:6 Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

Listen to the radio broadcast of

‘n Wankelrige Godsdiens


Download audio file

Dit lyk vir my asof godsdiens, of godsdienstigheid, as ek dit so mag noem, ‘n namaaksel is. Jy maak asof jy al die regte dinge doen, maar op die lange duur lewer dit niks eg op nie. Klink dit bekend?

Wat ons almal wil hê, is dat indien ons ‘n verhouding met God gaan hê, dit iets opreg moet wees. Ons wil iets sinvols hê wat, veral wanneer ‘n mens deur ‘n moeilike tyd gaan, ‘n verskil sal maak.

Ek het onlangs ‘n e-pos van my dierbare vriend, Lowell Wertz, wat reeds meer as 40 jaar ‘n sendeling in Afrika is, ontvang. Dit lui:

Ek wil graag twee ervarings waar God my geloof beproef het, met jou deel. ‘Joy in the Harvest’ [die bediening wat hy lei] het $3 000 in die bank gehad toe ons in Tanzanië aangekom het. ‘n Paar weke later het tienduisende verhongerde vlugtelinge in Kigoma aangekom. Ek het geweet wat God wou hê ons met die geld moet doen. In die geloof het ons al ons geld gebruik om vir die vlugtelinge kos te koop. Jy voel aan die eenkant maar altyd ‘n bietjie bang wanneer jy voor so ‘n waaghalsige uitdaging in die geloof te staan kom. Maar aan die anderkant weet jy dat iets wonderlik besig is om te gebeur. My geloof het gegroei en ek het geglo dat God alles wat ons nodig het, kan voorsien. God begeer dat ons verhouding met Hom, en ons geloof in Hom, opreg moet wees.

En net daar is die kruks van die saak. Ons wil hê dat ons verhouding met God eg moet wees, maar om dit te laat gebeur, moet ons geloof eg wees en nie wankel nie. Ons sien in:

Matteus 6:6  Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

Wanneer jou geloof op ‘n wankelrige godsdienstige pad is – maak erns met God!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.