... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Swak, Wankelende, Nederige Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 17:5,6 Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.

Listen to the radio broadcast of

Swak, Wankelende, Nederige Geloof


Download audio file

Ek het gister die eerste van twee groot geloofsuitdagings waarvoor my dierbare vriend, Lowell Wertz, wat reeds meer as 40 jaar ‘n sendeling in Afrika is, te staan gekom het, genoem. Vandag wil ek graag die tweede een deel.

Dit is wat Lowell uit sy hoofkwartier in Tanzanië geskryf het:

Een Desember was ons bedieningskuld die hoogste wat ons nog ooit ervaar het. Mindy [vermoedelik hul rekenmeester] het met my in verbinding getree en gesê die rooi ink op ons bankstaat is nou donkerrooi. Ek was moedeloos, aangesien baie behoeftige mense op my gewag het vir hulp. Toe ek ons huis verlaat om na die behoeftiges te gaan, het my vrou Claudia gesê: ‘Moenie geld spandeer wat ons nie het nie.’ Ek het gebid terwyl ek, sonder ‘n moontlike oplossing vir die finansiële probleem, na hulle gery het. Die Here het met my hart gepraat – ‘Ek het jou geroep om my sendeling te wees. Gaan doen jou werk.’ In geloof het ons die arm mense met geld, wat ons nie gehad het nie, gehelp. Mindy het uit die bloute laat weet dat iets vreemds gebeur het. Die bediening se posbus was gevul met geskenke soos nog nooit tevore nie! Ons bankbalans het daardie jaar in die swart afgesluit. Om in geloof te lewe, is nie ‘n lisensie om dom te wees nie, maar ‘n vereiste om God se wil te doen – God beloon swak, wankelrige maar nederige geloof.

Wat ‘n wonderlike getuienis. Maar, soos dr Barry Chant, ’n teoloog en onderwyser eenkeer gesê het: wanneer ons uitstap, stap God in. Maar moenie net vir Lowell glo nie. Moenie net vir Barry glo nie. Moenie net vir my glo nie.

Lukas 17:5,6 Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.

Glo vir Jesus. Hy beloon swak, struikelende, nederige geloof.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.