... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Uitmekaar te Dryf

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hooglied 2:15 “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

Listen to the radio broadcast of

Om Uitmekaar te Dryf


Download audio file

Ons gesinne is ongelooflik belangrik vir ons. Ongelukkig is daar soveel gesinne wat probleme ondervind. Soveel gesinne het, kom ons noem hulle maar … “issues”. En dan is daar baie gesinne wat reeds uitmekaar geskeur het.

Die meeste Christelike boodskappe wat jy oor gesinsverhoudings sal vind, val onder die opskrif: “Hoe om ‘n Goddelike Gesin te wees” en dit is goed en wel. Ja, ons wil hê dat ons gesinne onder die liefdevolle hand van God moet saamstaan.

Maar wat van gesinne wat sukkel? Wat van gesinne met egskeidings, of ontrouheid, of … wel, jy weet? Wat van hulle? Vandag en vir die volgende twee weke, is dit waaroor ons hier op VARS gaan gesels. Sukkelende gesinne. Gebroke gesinne. Enkellopendes. Allerhande dinge waaroor daar nie eintlik baie in Christelike kringe van gepraat word nie.

Begin met hierdie werklikheid in:

Hooglied 2:15 Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

Daar is heeltemal te veel huwelike wat as gevolg van die kompromieë wat mense maak, uitmekaar geskeur word. Kom ons kyk na ‘n paar sulke kompromieë: Jy flankeer met iemand anders, in plaas van met jou huweliksmaat. Jy laat daardie klein irritasies toe om ‘n wig tussen jou en die een vir wie jy lief is, in te dryf. Julle vergeet om tyd vir mekaar te maak. Jy stel meer belang in jou selfoon as in dít wat jou geliefde sê.

Hierdie kompromieë is die begin van die einde vir jou gesin. Moet hulle nie toelaat om wortel te skiet nie. Doen iets daaraan!

Vang daardie jakkalsies – die klein jakkalsies wat jou wingerd verniel. Want jou huwelik is veronderstel om te blom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.