... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skeiding en Egskeiding (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Maleagi 2:13-16 Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie, en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet wees wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie. Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Skeiding en Egskeiding (1)


Download audio file

Huweliksontrou en egskeiding word deesdae dikwels eerder as ‘n aanvaarbare leefstylkeuse beskou, as gruwelike verraad. Maar dit was nooit God se plan nie. Nooit nie!

Ek praat vandag met julle as iemand wie se eerste vrou hom vir ‘n ander man verlaat het; ‘n man wat ek as ‘n goeie vriend beskou het. Egskeiding…Dit gebeur net. Mense koel af. Beweeg aan. Maar die tragedie van ontrouheid maak so diep seer, dat geen woorde dit kan beskryf nie. Indien jy dit al ooit oorweeg het om ontrou te wees; jou verbeel het dat jy nie meer so verlief op jou vrou is nie en begeer het om in die arms van ‘n ander een, wat nie joune is nie, te wees, luister wat staan in:

Maleagi 2:13-16 Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie, en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ‘n nageslag moet wees wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie. Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.

Ja, moenie ontrou aan mekaar wees nie. Moenie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.