... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skeiding en Egskeiding (3)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 7:15 Maar as die ongelowige huweliksmaat daarop aandring om te skei, laat dit dan so wees. In sulke gevalle is die Christenbroer of -suster nie verplig om met die huwelik voort te gaan nie. God wil immers hê dat julle in vrede lewe.

Listen to the radio broadcast of

Skeiding en Egskeiding (3)


Download audio file

So baie mense vra: “Laat God egskeiding toe?” Dis nogal ‘n netelige kwessie. Baie kerke hanteer egskeiding as ‘n onvergeeflike sonde en glo dat wanneer jy geskei is, jy nie weer kan trou nie. Maar wat sê God se Woord hieroor?

Vir my is dit nie ‘n teoretiese vraag nie. Ek het my hart vir die Here Jesus gegee juis toe my eerste vrou my vir ‘n ander man verlaat het. Drie jaar later het ek vir Jacqui, ‘n wonderlike vrou met wie ek nou getroud is, ontmoet. Destyds, soos vandag nog, is die belangrikste ding vir my om God bo alles te eer, dis selfs belangriker as my begeerte om met Jacqui te trou.

Ek moes dus teruggaan na die Bybel en vasstel of hertrou Bybels is … of nie?

1 Korintiërs 7:15 Maar as die ongelowige huweliksmaat daarop aandring om te skei, laat dit dan so wees. In sulke gevalle is die Christenbroer of -suster nie verplig om met die huwelik voort te gaan nie. God wil immers hê dat julle in vrede lewe. (NLV)

Dit beteken letterlik, dat die een wat agterbly “nie meer gebind is nie,” met ander woorde dat die persoon vry is om weer te trou. Maar die een wat in die eerste plek egbreuk gepleeg het,  sal ongelukkig steeds ‘n egbreker wees, al trou hulle weer. Wat ‘n ontsettende tragedie!

Maar luister. God is ‘n God van barmhartigheid en van genade. Egskeiding en egbreuk is nie onvergeeflike sondes nie. Nee, dit is nie.

Jesus het aan die Kruis gesterf sodat elkeen wat hul geloof in Hom stel, volkome vergewe kan word. Hy het sy bloed gestort om ons skoon te was. Onthou dit, indien jy, of iemand vir wie jy lief is, hulself in hierdie moeilike, pynlike situasie bevind ….

Die bloed van Christus reinig ons van alle sonde. Plaas jou vertroue in Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.