... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skeiding en Egskeiding (2)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 19:8,9 Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk.”

Listen to the radio broadcast of

Skeiding en Egskeiding (2)


Download audio file

Ek is al deur die pyn en die trauma van egskeiding en ek kan vir jou sê dat hierdie “maklik trou, maklik skei-houding” van die hedendaagse samelewing teenoor die huwelik, skokkend is.

Die houding teenoor egskeiding verskil van kultuur tot kultuur. Maar selfs in die plekke waar die egskeidingsyfer uiters laag is, is daar baie huwelike wat op papier bestaan, maar in praktyk nog net begrawe moet word.

Ek verstaan dat sommige mans skobbejakke is. En God haat dit. En dan is daar sommige vrouens wat hulself fisies en emosioneel van hulle mans afsluit. God haat dit ook.

En daar is tye wanneer egskeiding die enigste opsie is. Wanneer ’n vrou en haar kinders geslaan word, moet hulle vlug. Wanneer ‘n vrou keer op keer egbreuk pleeg, moet die huwelik baie keer beëindig word. Maar hierdie “maklik trou, maklik skei-houding” … was nooit God se plan nie. Dit is steeds nie. Toe die godsdiensleiers gevra het waarom Moses uiteindelik egskeiding toegelaat het, het Jesus geantwoord:

Matteus 19: 8,9 Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk.”

Soos ek gesê het, God laat in uiterse gevalle egskeiding toe. Ongelukkig kom daardie “uiterse gevalle” deesdae heeltemal te dikwels in hierdie wêreld voor. Maar behalwe vir owerspel of geweld, word ons beveel om by mekaar te bly, om as één te leef en om hard te werk om die huwelik te herstel.

Hoekom vind egskeidings plaas? Omdat ons weier om God se leiding te aanvaar.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.