... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Veranderende Waardes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.

Listen to the radio broadcast of

Veranderende Waardes


Download audio file

Enigeen wat vandag in hierdie onderstebo wêreld in Jesus glo, is onder enorme druk; druk om deel te wees van die wêreld se onsedelike leefwyse en druk om die wêreldse maatstawwe van sukses te aanvaar. Ernstige … druk.

Kyk, ek het geen idee hoe dit met jou geloof gesteld is nie. Hoegenaamd geen nie. Of jy ‘n persoon met geloof in Jesus Christus is of nie, wil ek jou vra: Kyk om jou rond. Kyk wat mense aan mekaar doen en wat hulle vir mekaar sê. Kyk na die impak wat vervalle sedes op huwelike, op gesinne en op kinders het.

Dit is nie ‘n mooi prentjie nie. Soos dinge versleg; soos hulle besig is om die mat onder ons voete uit te trek terwyl mense harder en harder op mekaar skree, was die druk vir ‘n goeie persoon om deel te word van die verskriklike weë van hierdie sedelose wêreld, nog nooit so groot nie.

1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.

Dis reg: gelykvormigheid aan die wêreld se boosheid, selfs in die lig van al die druk om dit te doen, beteken vyandskap teenoor God. Wanneer ons ons waardes verander, wanneer ons ons standaarde verlaag om by die slegste van ons huidige kultuur te pas, volg ons nie meer vir Jesus nie; ons volg die verlorenes van hierdie wêreld. Maar wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.