... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verwarrende Wysheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:20,21 Wat het dus geword van die filosowe, die boekgeleerdes, die debatvoerders van hierdie wêreld? God het bewys hoe inherent dwaas die wysheid van hierdie wêreld in werklikheid is. Aangesien God in sy wysheid beskik het dat die wêreld Hom nooit deur menslike slimmigheid sou vind nie, het Hy dit goedgevind om deur die “dwaasheid” van ons prediking dié wat glo, te red. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Verwarrende Wysheid


Download audio file

Die meeste van ons sal graag wil dink dat ons ‘n redelike goeie kop op ons skouers het; dat ons dinge kan beredeneer; dat ons die feite kan ondersoek en tot die regte gevolgtrekkings kan kom.

Dit is daardie einste uitgangspunt, naamlik dat ons almal geseën is met ‘n bietjie gesonde verstand, wat die basis vorm van die verhoor van ‘n saak deur ‘n jurie. In die meeste gevalle sal twaalf gewone mans en vrouens aan die kant van ‘n hofsaal sit en luister na die getuienis wat deur die aanklaer en die verdediging gelewer word, en hulle sal dan die uitspraak van skuldig of onskuldig gee.

Sommige mense is kundiges, groot denkers in hul veld – filosowe, professore, regsgeleerdes. Maar elke nou en dan kom daar iets voor wat hul logika, en ons s’n, heeltemal sal omverwerp. 

1 Korintiërs 1:20,21 Wat het dus geword van die filosowe, die boekgeleerdes, die debatvoerders van hierdie wêreld? God het bewys hoe inherent dwaas die wysheid van hierdie wêreld in werklikheid is. Aangesien God in sy wysheid beskik het dat die wêreld Hom nooit deur menslike slimmigheid sou vind nie, het Hy dit goedgevind om deur die “dwaasheid” van ons prediking dié wat glo, te red. (NLV)

Gister het ons gesels oor die oënskynlike dwaasheid van die Kruis. Waarom sou God kies om Jesus te stuur om te sterf vir mense soos ek en jy, om ons van ons sonde te red … eerder as om ons skuldig te bevind en ons te veroordeel om deur Hom gestraf te word? Dis immers hoe die dinge in hierdie wêreld werk!

Hoekom? Omdat Hy jou so onbeskryflik liefhet. Glo dit, leef dit, asem dit diep in. Hy is baie liewer vir jou as wat jy ooit kan dink, selfs wanneer jy droogmaak.

Dwaasheid? Ek dink nie so nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.