... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hou Vas Aan die Kruis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Listen to the radio broadcast of

Hou Vas Aan die Kruis


Download audio file

Ek weet nie of jy al ooit verkleineer, verwerp of selfs uitgeskel is omdat jy in Jesus glo nie en weet jy, dis nie ‘n lekker gevoel nie. Maar, wanneer jy mooi daaraan dink, is dit ook glad nie verbasend nie.

Kom ons beskou die sentrale boodskap van die Christelike geloof objektief; ons almal het gesondig en daarom kan ons nooit op ons eie, goed genoeg wees om deur God aanvaar te word nie. Maar Hy het ons so lief dat Hy Jesus gestuur het om aan ‘n kruis te sterf om vir ons sonde te betaal, sodat elkeen wat in Hom glo, in God se oë gereinig is en die ewigheid saam met Hom gaan deurbring.

Maar wanneer jy betrokke raak by al die daaglikse uitdagings wat jy moet hanteer, word hierdie hele Christelike lewe vir jou ‘n onbereikbare uitdaging … daardie belydenis klink selfs na onsin. Ag, ek is nie so sleg nie, Hoekom sal God, in elk geval, as Hy my liefhet, my nie net sommer vergewe nie? Waarom moes Hy sy Seun vir my oortredinge laat doodmaak?

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Ag nee, dit klink sowaar na onsin. Ja, dis hoekom so baie mense probleme met ‘n Christelike lewenswyse het! Dit is hoekom mense jou as ‘n swaap beskou omdat jy in Jesus glo. Dis hoekom hulle jou verkleineer, verwerp en beswadder.

Maar vir jou, as jy werklik glo, word jy dag vir dag deur jou geloof in Jesus van jou sonde gereinig. Daar is net een ding om te doen wanneer die wêreld vir jou skree dat jy mal is: Hou vas aan die Kruis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.