... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vriende Soos Dié

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 5:17-20 Op een van dié dae, terwyl Jesus besig was om die mense te leer, het daar ook Fariseërs en leermeesters van die wet van Moses gesit wat van oral af uit die dorpe van Galilea en Judea en selfs uit Jerusalem gekom het. En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak. Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit. Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur 'n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus. Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe.”

Listen to the radio broadcast of

Vriende Soos Dié


Download audio file

Dink mooi: met watter soort vriende omring jy jou? Goeie vriende, lojale vriende, net sommer kennisse … of vriende wat glad nie eers vriende is nie? Watter soort?

Dit maak nie saak hoe oulik, slim of sterk ons mag wees nie, nie een van ons kan op ons eie lewe nie. Ons benodig alles van aanmoediging tot vermaning; van vryheid tot dissipline en van ondersteuning tot die drang om vir iemand anders iets te beteken. Dit was altyd God se plan. En hoe ons ons vriende kies, maak ‘n groot verskil aan die lewe wat ons lei.

Daar is ‘n paar vriendskappe wat in die Bybel genoem word. Elke keer wanneer ek dit lees, staan ek in verwondering.

Lukas 5:17-20 Op een van dié dae, terwyl Jesus besig was om die mense te leer, het daar ook Fariseërs en leermeesters van die wet van Moses gesit wat van oral af uit die dorpe van Galilea en Judea en selfs uit Jerusalem gekom het. En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak. Onverwags kom daar mense met ‘n verlamde man op ‘n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit. Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur ‘n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus. Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe.”

Het jy vriende wat deur skares sal worstel om jou op ‘n draagbaar by Jesus te kry? Wie sal op die dak klim, ’n gat daarin oopmaak en jou by Jesus se voete laat afsak? Wie sal daardie soort risiko vir jou neem? Indien jy nie aan een kan dink nie … soek vir jou ware vriende!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.