... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Blaffende Honde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:1-5 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.

Listen to the radio broadcast of

Blaffende Honde


Download audio file

Die boodskap dat Jesus aan ‘n kruis gesterf het sodat die sondes van die wêreld – van almal wat in Hom glo; joune, myne en enigiemand anders s’n – vergewe sou word, voel so skokkend in die konteks van die moderne 21ste eeu waarin ons lewe.

Aan die eenkant lyk dit asof elke moderne mens ‘n selfoon in hul sak het. Aan die anderkant, is daar ‘n ou verhaal van ‘n man wat beweer dat hy God is; Homself aan ‘n kruis laat vasspyker het en na bewering weer opgestaan het. Soos ek gesê het, dit klink mos verskriklik!

Maar weet jy, die boodskap van Jesus het mense nog altyd aanstoot gegee! Jesus het mense aanstoot gegee. Dis waarom hulle Hom gekruisig het. En dit is hoekom die apostel Paulus die volgende geskryf het in:

1 Korintiërs 2:1-5 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.

Die Korintiërs, was beslis nie positief oor dit wat Paulus verkondig het nie. Maar soos Charles Spurgeon dit eenkeer gestel het: Laat die honde blaf, dis in hul aard. Gaan voort om Christus as die gekruisigde te verkondig.

Soms voel ons senuweeagtig om mense van Jesus te vertel. Paulus was swak en het gebewe van vrees. Ander kere voel ons dat ons nie die woorde of die wysheid het nie. Maar wanneer ons die wonderlike waarheid van die kruis deel, het ons bomenslike krag. Die krag van die Heilige Gees.

My vriend, hou aan om mense van Jesus te vertel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.