... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie Sal die Deur Oopmaak?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 2:13-15 Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

Listen to the radio broadcast of

Wie Sal die Deur Oopmaak?


Download audio file

Sommige dae wil dit voorkom asof die duiwel se mag om jou in die verkeerde rigting te lei soveel groter is as jou eie krag om hom te weerstaan, of as God se krag om hom te keer. Dit is maar hoe dit voel. . .

En dit is ‘n magstryd wat ons almal ervaar – ek praat nou vanuit die veronderstelling dat jy ‘n besluit geneem het om Jesus te volg. As jy Hom nie aangeneem het nie, sal jy natuurlik toegee aan die duiwel se versoeking, want dit lyk mos asof daar geen fout daarmee is nie.

Het jy ‘n eenvoudige, nederige geloof in Jesus, wat gesterf het sodat jou sonde vergewe kan word, en opgestaan het sodat jy ‘n nuwe lewe kan hê? As ek jóú nou beskryf het, dan verstaan jy die stryd. As jy ‘n gelowige is, dan het jy seker al gewonder hoekom jy so dikwels oor dieselfde hekkie struikel.

Vandag is hier spesiaal vir jou ‘n Woord van God oor die belangrikste ding wat jy moet weet wanneer jy versoek word: 

Kolossense 2:13-15 Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

Die belangrikste ding wat jy moet weet, is dit: die vyand ís verslaan. Wanneer hy ‘n pistool teen jou kop hou, is dit gevul met ‘n loskruitpatroon. Hy het eenvoudig geen mag oor jou nie.

Billy Graham het eenkeer gesê … wanneer die Satan klop, stuur ek Christus na die deur.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.