... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is die Woord van God Waar?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 3:1-4 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie,

Listen to the radio broadcast of

Is die Woord van God Waar?


Download audio file

Dit is deesdae so maklik om die Woord van God te bevraagteken; of om ‘n streep deur die ongemaklike, beskuldigende verse in jou Bybel te trek, sodat dit geriefliker en meer relevant vir ons een-en-twintigste eeuse lewens kan wees.

Het God werklik ‘n probleem met ‘n paartjie wat buite die huwelik saamwoon? Sekerlik nie in ons tyd nie! Is die hel werklik ‘n plek van ewigdurende pyn? Dit kan nie reg wees nie! Bestaan die duiwel werklik? Ag nee wat, dis sommer Middeleeuse ouvrou-stories!

Dit is hoe baie Christene deesdae redeneer. Dit is hoe die krag van God se Woord in hul lewens verwater word. Maar dit is niks nuuts nie. Kyk wat staan in:

Genesis 3:1-4 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie,”

Sien jy? Die vyand het Adam en Eva nie in die versoeking gely om te moor, of te steel, of om ‘n leuen te vertel nie. Hy het hulle versoek om die Woord van God te bevraagteken. Dis waar die moeilikheid begin het.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.