... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Op Daardie Dag …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Maleagi 4:2 Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.

Listen to the radio broadcast of

Op Daardie Dag …


Download audio file

Die meeste van ons beskou aanspreeklikheid as ‘n goeie ding. Ons moet almal verantwoordelikheid vir ons dade aanvaar. Daar behoort ‘n beloning te wees vir goeie gedrag en ‘n straf vir slegte gedrag … moet daar nie?

Gister het ons gesien hoe diegene wat slegte dinge doen, nie wil hoor van God se oordeel of van die hemel en die hel nie… al glo hulle nie eers dat dit bestaan nie! Maar, God sal hulle aanspreeklik hou – dis ‘n feit wat niemand kan wegredeneer nie.

Maleagi 4:1Die dag kom en hy brand soos ‘n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie ‘n wortel, nie ‘n tak oorbly nie.

Maar wat van die keersy van daardie muntstuk? Wat van diegene wat hul lewens leef om God te eer? Wat gaan met hulle gebeur op daardie dag van oordeel, wat beslis kom.

Maleagi 4:2 Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.

Ek weet nie of jy al ooit in die oggend op ‘n plaas was en gesien het hoe die son opkom en hoe die kalwers uitbundig rondspring nie? Dis aansteeklik, dit wil jou sommer laat jubel van blydskap! 

En dit is die lewe wat beskikbaar is vir diegene wat die naam van God eer; wat leef om Hom te eer, wat Jesus doelgerig as een van sy dissipels volg.

Indien jy sy dissipel is, wil God jou seën met ‘n onuitspreeklike vreugde; van vandag af … tot in alle ewigheid.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.