... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Perfekte Gesin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:3-8 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was

Listen to the radio broadcast of

Die Perfekte Gesin


Download audio file

Jy het seker al somtyds gedink: “As my gesin maar net so normaal soos al die ander mense s’n was!” Nouja, dis snaaks, maar op een of ander manier glo ons steeds in die sprokie van die “perfekte gesin.” Regtig? Ons kan net sowel in die tandmuis en Kersvader glo.

Ek wil vandag ‘n gedeelte uit die Bybel met jou deel, wat op die oog af niks met jou gesin te doen het nie, en tog …

Romeine 5:3-8 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ‘n regverdige nie. Ja tog, vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Jesus het vir my en vir jou gesterf toe ons nog sondaars was; ja, terwyl ons opstandig en oneerbiedig was. Hierdeur het Hy vir ons gewys hoe lief Hy ons het.

Nouja, sal jy dieselfde vir jou gesin doen, wanneer hulle deur ‘n moeilike tyd gaan? Sal jy vir hulle deur jou geduld, jou hoop en jou opoffering wys hoe lief jy vir hulle is? Wel, sal jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.