... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Nie Maklik Nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 3:16,17 Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.” Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.

Listen to the radio broadcast of

Dis Nie Maklik Nie!


Download audio file

Kan ek jou vandag ‘n netelige vraag vra: hoe gaan dit met jou gesin? Hoe diep en hoe sterk is julle gesinsverhoudings? Want kom ons erken dit, in hierdie vinnige, tegnologie-ontwrigte wêreld waarin ons leef, is gesinsverhoudinge nie eenvoudig nie.

Het jy al ooit gedink: “Dit behoort tog baie makliker as dít te wees!” Maar om een of ander rede het jou gesin probleme wat ander mense se gesinne blykbaar nie het nie.

Ons het onlangs tydens ‘n vakansie ‘n lieflike paartjie ontmoet wat blykbaar alles het – hulle is afgetree, welgesteld, hulle het ‘n pragtige huis buite die dorp, hulle is gelukkig getroud … ja, dit lyk na die perfekte prentjie.

En tog, agter die fasade van hul oënskynlik idilliese lewe, lê ‘n baie belangrike probleem met hul volwasse kinders. Dit het my net weer laat besef dat daar nie iets soos die perfekte gesin bestaan nie. En daar is ‘n rede daarvoor:

Genesis 3:16,17 Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.”

Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.

Ons leef in ‘n gevalle wêreld, ‘n sondige wêreld. ‘n Wêreld vol spanning en druk. ‘n Wêreld vol onvolmaakte mense. Sien jy, dit is nie net jou gesin nie. Elke gesin het sy eie probleme. Elke gesin het sy eie stryd. Maar onthou dat God ontsettend lief is vir elke gesin. Hy het jou gesin … ook liewer as wat woorde ooit kan beskryf.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.