... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onvolmaakte Mense

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 7:3-5 Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Listen to the radio broadcast of

Onvolmaakte Mense


Download audio file

 Is jy dapper? Want hier kom ‘n ongemaklike vraag! Wie, in jou familie, irriteer jou die meeste? Ek het jou gewaarsku! Komaan! Is dit jou man of vrou, een van die kinders, ‘n ouer, die skoonfamilie? Watter een pla jou die meeste?

Ja, hulle sê mos jy kan jou vriende kies, maar jy kan nie jou familie kies nie. In sommige kulture slaag mense nogal daarin om baie beter familieverhoudings te hê as ander, maar hoe ryker en meer individualisties ons word, hoe meer werk sommige familielede op ons senuwees.

Wat in baie gevalle gebeur, is ‘n skeuring in die familie. So praat ouers, kinders, broers en susters of skoonouers al jare lank nie met mekaar nie. Wag, hier is ‘n onthulling! Dit is nie wat God in gedagte gehad het nie! Nouja, hoe gaan jy dit regstel? Hoe word jy ‘n instrument in sy hande om genesing vir jou gesin te bring? Wat sê Jesus hieroor:

Matteus 7:3-5 Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar ‘n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Dit is tyd om van jou troontjie af te klim, hand in eie boesem te steek en te erken dat jy dalk ‘n rol in jou familie se probleme speel! En dalk is dit tyd om verantwoordelikheid vir jou aandeel in die verbrokkeling te aanvaar?

My maat, God het jou familie lief. Hy wil jou familie genees. Laat dit by jou begin.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.