... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gevoelens, Begeertes en Emosies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:7,8 gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.

Listen to the radio broadcast of

Gevoelens, Begeertes en Emosies


Download audio file

Die negatiewe opinies van ander mense oor die waarheid van God se Woord veroorsaak dat die geloof van die gemiddelde Christen drasties agteruitgaan, veral wanneer hierdie opinies geesdriftig uitgespreek word – en dit is deesdae so dikwels die geval! 

Die rede hiervoor is grootliks toe te skryf aan die wyse waarop die samelewing deesdae blatante onsedelikheid, hebsug en ‘n hele reeks ander sondes as aanvaarbaar bestempel. Ja, my vriend, Satan stel homself immers as ‘n engel van die lig voor.

Hierdie losbandigheid het ‘n groot impak op die gemiddelde Christen. Ek het nou die dag hierdie aanhaling gelees. Ek weet ongelukkig nie wie dit geskryf het nie, maar ek vind dit baie relevant:

Ons is nou al op ’n punt waar Christene nie meer omgee of jy jou lewenswyse, met dít wat in die Bybel staan, kan versoen nie. Mense se gevoelens, begeertes en emosies is belangriker vir hulle as wat die Skrif sê. Hulle volg nie vir Christus nie, hulle volg hulleself.

Ek wil jou vandag vra, om mooi na te dink tot watter mate die normalisering van sonde in die samelewing jou weggetrek het van die waarheid en die krag van God se Woord? Want …

Jesaja 40:7,8 gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.

Weet jy, die Bybel werk nie soos Facebook, waar ons ‘n knoppie kan druk om te sê ons ‘hou van’ dit, of ons eie opinie kan uitspreek nie. God se Woord is waar; ongeag die onverbiddelike afwaartse verval van sosiale sedes en standaarde, en ongeag of ons daarmee saamstem of nie.

Ek weet dit is nie maklik nie, ook nie gemaklik of gewild nie. Maar wees gewaarsku. Satan kom geklee soos ‘n engel van die lig. Moenie mislei word nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.